12 Julie, ek Johan en Nantes wag al op die kop elf maande vir hierdie dag! ’n Week van samesyn, ’n week van ontspan. ’n Week om weer vreemde kinders se kosblikkies met bekende vleisgeregte te vul. Ons is jagters, ja, maar ook is ons meer. Ons is voorsieners wat die hand van die Voorsiener Homself in ons jagnaweek kan voel. Elke liewe jaar.
Welkom in my sirkel. ‘n Plek soortgelyk aan Baviaanskloof; hier waar die sein swak is en kinders se kosblikke dikwels droëseisoene sien. Hier waar jy vreedsaam langs my om ‘n kampvuur kan sit en wéét dat jy steeds jou hande kan uitreik. Hier jag ons in Afrikaans, help ons in Afrikaans en bou ons in Afrikaans. Suiwer Afrikaans.
Hier weet ons waar ons met mekaar staan. Ons dra ’n gebed aan ons naastes op en sê dankie vir elke jagter wat vleis aan ons kinders voorsien. Woefkardoese bestaan nie, want hier los ons nie dinge vir later nie.
Welkom in ons sirkel. Dis hier waar jy skaamteloos met jou vleiswonde voor ons kan loop en wéét dat ons altyd sout by ons sal hê. Hier is jy welkom, want hier staan ons vir iets en val ons vir niks. Hier waar daar geen hoek of kant is nie, want jy het klaar jou keuse gemaak.
Welkom in ons sirkel. Hier vat ons hande en help ons mekaar. Hier skiet ons raak met die sekerheid dat ons saam met Helpende Hand ’n verskil in ’n kind se lewe gaan maak.