Kinders is die hartklop van ons samelewing, maar daar is dikwels goed wat in die pad staan van voluit kindwees. Nie alle kinders het dieselfde wegspringblokke in die lewe nie. Met die Bemagtig-’n-kind-projek poog ons om geleenthede te skep vir kinders wat dit andersins nie sou kry nie. Die projek poog werklik om gapings te vul en brûe te bou na ’n beter lewe. Gesonde kinders lei tot gesonde gemeenskappe!
Ons droom van ’n toekoms waar kinders in Suid-Afrika toegerus word om hul eie toekoms met beide hande aan te gryp en die beste daarvan te maak. Maak hierdie feestyd jou hart oop en raak vandag nog betrokke by ons Bemagtig-’n-kind-projek. Elke bydrae maak ’n verskil in ’n kind se lewe.
“Help ons die Kersfees om ‘n bruggie te bou vir ons kinders.” OnsSalSelf.
Sluit vandag nog by ons aan. SMS die woord "kind" na 45763 (elke SMS kos R2) of stuur ʼn E-pos na chandre@helpendehand.co.za.
Besoek gerus ook ons webtuiste by www.bemagtignkind.co.za vir meer inligting.